Friday, April 20, 2007

De la Rey Laan



Jongmense neem naamsveranderings in eie hande`n Groep jongmense het vandag die naamsverandering-proses in eie hande geneem en Nelson Mandela-rylaan na Generaal De La Rey-Weg herdoop. Die groep, bestaande uit studente van verskillende universiteite, het hul eie straatbordjie langs die van die bestaande een opgerig. Volgens een van die jongmense, Liezel Bodenstein, kan hulle as jongmense nie met die terroriste na wie al meer plekke vernoem word assosieer nie. Sy het ook na die O.R. Tambo lughawe verwys.“Ons het besluit om die proses in eie hande te neem aangesien onderhandelinge met stadsrade en die minister van Kuns en Kultuur, Dr. Pallo Jordan, in elk geval futiel sou wees. Die stadsrade van Potchefstroom en Pretoria het hul inwoners se wense ignorer en steeds `n naamsverandering aanbeveel, en Dr. Jordan het meer as sewentig duisend mense nie in ag geneem nie toe hy oorspronklik Louis Trichardt se naam na Makhado verander het.”Volgens Bodenstein was daar slegs ongeveer dertig jongmense betrokke by die naamsveranderings-proses, maar hulle beskou dit steeds as meer inklusief en demokraties as die van Dr. Jordan “en sy makkers.”“As ANC-Burgemeesters monumente kan afbreek, hoekom kan ons nie strate hernoem nie?” Die jongmense beplan om verskeie ander ANC-name na die van helde te herdoop. Onder hulle is die volgende:Verskeie Anglo Boere-Oorlog Generaals/Rolspelers: Hierby word ook vroue en kinders ingesluit. Die rede hiervoor is dat daar in die nuwe skool kurrikulum slegs ses reëls voorkom wat na die belangrike gebeurtenis in die geskiedenis verwys. “Ons neem letterlik ons geskiedenis strate toe.”Meneer Clive Derby-Lewis: Die oud-KP Raadslid het in 1992 gereël dat die oorspronklike klippe van die Paardekraal-monument herwin word, nadat dit deur Britse soldate in `n nabygeleë rivier gegooi is.Hulle beoog om `n straat te herdoop sodat die gevalle helde van die Bosoorlog ter ere sal wees.
Dít is strate beter, sê studenteApr 20 2007 10:07:33:100PM - (SA)
Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend
DisplayDCAd('220x120','1','');
");
//-->

DisplayDCAd('220x120','2','');

Christel Raubenheimer
‘As ANC-burgemeesters monumente kan afbreek, hoekom kan ons nie strate hernoem nie?”
Dít was eergister die vraag van me. Liezel Bodenstein, ’n student wat gehelp het om Nelson Mandelarylaan in Pretoria na genl. De la Reyweg te “herdoop”.
Bodenstein en nóg ’n handjie vol studente het ’n nuwe straatnaambordjie op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Proesstraat gaan inmessel.
“Ons het besluit om die proses in eie hande te neem, aangesien onderhandelinge met stadsrade en dr. Pallo Jordan, die minister van kuns en kultuur, in elk geval futiel sou wees.
“Die stadsrade van Potchefstroom en Pretoria het hul inwoners se wense geïgnoreer en steeds ’n naamsverandering aanbeveel.
“Dr. Jordan het meer as 70 000 mense nie in ag geneem nie toe hy oorspronklik Louis Trichardt se naam na Makhado verander het,” het Bodenstein gesê.
Die groep jongmense wat vir die oprigting van die bord verantwoordelik was, beplan boonop nie om hiermee te stop nie.
Hulle beoog om nóg name te wysig na verskeie generaals uit die Anglo-Boereoorlog, asook vroue en kinders.
Die rede hieragter is dat daar in die nuwe skoolleerplan slegs ses reëls voorkom wat na dié belangrike gebeurtenis in die geskiedenis verwys, het Bodenstein gesê.
“Ons neem letterlik ons geskiedenis strate toe.”
Die groep beplan ook om ’n straat te herdoop wat deelnemers aan die Bosoorlog sal vereer.
Bodenstein het gesê hoewel hulle die bord – wat boonop byna presies soos enige ander straatnaam lyk – vasgesement het, verwag hulle nie dat dit lank gaan bly staan nie.
“Ons wil ’n punt maak, ons het niks skade gedoen nie. Ons bly in ’n land met soveel verskillende kulture en dis wonderlik.
“Maar daar moet ’n beter stelsel wees. Daar moet bygevoeg word, eerder as wat geskiedenis weggegooi word.
“Moenie dit (naamsveranderings) ten koste van (een groep se) geskiedenis doen nie,” het sy gesê.
Me. Antoinette Mostert, woordvoerder van die Tshwane-metroraad, het gesê die bord sal verwyder moet word, veral omdat dit verwarring onder motoriste kan veroorsaak oor in watter straat hulle werklik is.
“Die raad aanvaar dit as kwajongstreke,” het Mostert gesê.